Die reuk van appels, Gideon Lombard se solodebuut op die verhoog.

Die toneelstuk


Reeds met sy eerste kennismaking van die roman in 1993 het Johan van der Merwe die dramatiese potensiaal van Die reuk van appels raakgesien en geweet: dié boek moet verhoog toe. Nadat hy en Rudi Sadler (medevervaardiger) besluit het om saam teater te skep en die maatskappy Theatrerocket kort daarna die lig sien (2016), was Mark Behr se debuutroman heel bo aan hul lys van moontlike produksies.

Die opvoerregte is by die uitgewers verkry en die kreatiewe span is saamgestel. Vanuit die staanspoor wou die vervaardigers met van die bestes in die bedryf saamwerk en eindelik is daar besluit op Gideon Lombard as akteur en Lara Bye as regisseur. Johann Smith is genader om die verhoogverwerking te hanteer en saam met die res van die span is die teks geskaaf tot ‘n 90- minute toneelstuk.

Die reuk van appels het op 10 April 2017 by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) in Oudtshoorn gedebuteer, waar Gideon vir sy solodebuut die 2017 Kanna-toekenning vir Beste Akteur ontvang het. Daarna toer die toneelstuk na die Nasionale Kunstefees in Grahamstad (Julie 2017), waar dit genooi is om deel te wees van die hoofprogram as die enigste Afrikaanse produksie op die hele fees; die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein (Julie 2017); die Suid- Afrikaanse Staatsteater, Pretoria (1 tot 24 September 2017), Aardklop Nasionale Kunstefees, Potchefstroom (3-7 Oktober 2017) asook die Fugardteater, Kaapstad (17 Oktober tot 11 November 2017). Verdere opvoerings word vir 2018 beplan.

Danksy die gewildheid van die toneelstuk, het die uitgewers besluit om nog ‘n oplaag van Die reuk van appels te druk. Dit is beskikbaar deur Queillerie, ‘n druknaam in die stal van NB Uitgewers. Die reuk van appels het ‘n ouderdomsbeperking van 16 met die verwysing SNTGV (Seks, Naaktheid, Sterk Taal, Geweld en Vooroordeel).

Die storie


D ie lewe is snaaks, mooi, kosbaar, onverstaanbaar en vreeslik. Dit is die somer van 1973. Apartheid floreer te midde van toenemende kritiek vanuit internasionale gemeenskappe teenoor Suid-Afrika. Boonop broei daar onrus op die Angolese grens. Elfjarige Marnus en sy beste vriend, Frikkie, is salig onbewus van die sake wat die grootmense kwel. Hulle stel meer belang in visvang en walvisse en aanvaar die verdeling van landsburgers volgens velkleur as 'n gegewe.

Marnus lei ‘n oënskynlik eenvoudige en gelukkige lewe: sy pa is ‘n generaal-majoor in die Suid-Afrikaanse Weermag en sy ken is heeltemal vierkantig; sy ma is baie musikaal en vir hom die mooiste vrou in die wêreld; sy ouer en meer liberale suster is slim, al irriteer sy hom soms; en hul kleurlinghuishulp, Doreen, gaan eendag hemel toe omdat sy nie suiker steel nie. Tog word hy blootgestel aan die kompleksiteit van internasionale politiek as 'n generaal van Chile vir 'n tyd by sy gesin kom kuier.

Weldra word Marnus gekonfronteer met vrae oor menswees en manwees, oor wat reg en verkeerd is. ’n Skokkende ontdekking breek deur die oppervlakte van sy alledaagse bestaan om alles onherroeplik te verander. Vanaf daardie beslissende oomblik sal die reuk van appels bly kleef aan alles wat Marnus raak.



Datums van optredes

 

Die Fugardteater, Kaapstad

Dinsdag, 17 Oktober 2017 | 20:00 - Voorskou
Woensdag, 18 Oktober 2017 | 20:00
Donderdag, 19 Oktober 2017 | 20:00
Vrydag, 20 Oktober 2017 | 20:00
Saterdag, 21 Oktober 2017 | 16:00 & 20:00
Dinsdag, 24 Oktober 2017 | 20:00
Woensdag, 25 Oktober 2017 | 20:00
Donderdag, 26 Oktober 2017 | 20:00
Vrydag, 27 Oktober 2017 | 20:00
Saterdag, 28 Oktober 2017 | 16:00 & 20:00
Dinsdag, 31 Oktober 2017 | 20:00
Woensdag, 1 November 2017 | 20:00
Donderdag, 2 November 2017 | 20:00
Vrydag, 3 November 2017 | 20:00
Saterdag, 4 November 2017 | 16:00 & 20:00
Dinsdag, 7 November 2017 | 20:00
Woensdag, 8 November 2017 | 20:00
Donderdag, 9 November 2017 | 20:00
Vrydag, 10 November 2017 | 20:00
Saterdag, 11 November 2017 | 16:00 & 20:00

Nasionale Kunstefees, Grahamstad

2 Julie 2017
3 Julie 2017
4 Julie 2017
5 Julie 2017
7 Julie 2017
8 Julie 2017

Vrystaat Kunstefees, Bloemfontein

19 Julie 2017
20 Julie 2017
21 Julie 2017
22 Julie 2017

Suid-Afrikaanse Staatsteater, Pretoria

Donderdag, 30 Augustus 20:00 (Voorskou)
Vrydag, 1 September | 20:00
Saterdag, 2 September | 20:00 (Openingsaand)
Sondag, 3 September | 15:00
Dinsdag, 5 September | 20:00 of matinee (14:30)
Woensdag, 6 September | 20:00 of matinee (14:30)
Donderdag, 7 September | 20:00
Vrydag, 8 September | 20:00
Saterdag, 9 September | 20:00
Sondag, 10 September | 15:00
Dinsdag, 12 September | 20:00
Woensdag, 13 September | 20:00
Donderdag, 14 September | 20:00
Vrydag, 15 September | 20:00
Saterdag, 16 September | 20:00
Sondag, 17 September | 15:00
Dinsdag, 19 September | 20:00
Woensdag, 20 September | 20:00
Donderdag, 21 September | 20:00
Vrydag, 22 September | 20:00
Saterdag, 23 September om 20:00
Sondag, 24 September om 15:00

Aardklop Nasionale Kunstefees, Potchefstroom

3 Oktober 2017
4 Oktober 2017
5 Oktober 2017
6 Oktober 2017
7 Oktober 2017
10 April 2017
11 April 2017
12 April 2017
13 April 2017
14 April 2017
15 April 2017
 
 
 

Ouderdomsbeperking van 16 vir Seks, Naaktheid, Geweld, Sterk Taal en Vooroordeel.

Die kreatiewe span agter Die reuk van appels

8
5
4
7
1
9
11
1 (1)